Impala Opleiding

We Speak of Africa
Impala Game Farm, Warmbaths / Thabazimbi Road
 
Bela-Bela, Limpopo
Impala Opleiding Logo

REVIEWS

START YOUR REVIEW OF Impala Opleiding
First, your rating here
 
Your review here

PHOTO GALLERY

ABOUT US

Met 17 jaar ondervinding in hierdie afdeling, gee ons die beste leiding en kursus.

Eers beroepsvoorligting:

Indien jy `n jong persoon is wat die bedryf wil betree, moet jy onthou dat jy nie gaan werk kry met NET `n Wildplaasbestuurskursus nie weens jou ouderdom en dit maak dan nie saak of jy `n een week of 3 jaar kursus gedoen het nie. Dit is baie raar dat dit gebeur. Omdat so persoon in `n “bestuursposisie” geplaas moet word gaan `n wildsboer na ouer persone of persone wat reeds ondervinding het, kyk. Kombineer hierdie kursus dus met die Veldgids Kursus en jy het `n versekerde toekoms.

Indien jy die Wildplaasbestuur, Lodgebestuur en Wild kursus bywoon, sal hierdie addisionele kennis en inligting jou net baat aangesien jy soveel meer het om te bied aan 'n voornemende werkgewer en daarom is jy 'n meer kompeterende kandidaat! Om 'n wildplaas te bestuur het jy nie noodwendig 'n graad of diploma nodig nie. Om hierdie rede het ons na wildplaas eienaars gegaan en by hulle gehoor wat HULLE vereis van 'n jong, voornemende bestuurder of selfs net `n gids wat ander verantwoordelikhede ook sal he. 

KURSUSSE

Die verantwoordelikhede van `n Wildplaasbestuurder is om:

  • Namens die eienaar op te tree.
  • Opdragte stiptelik uit te voer, betroubaarheid en handigheid aan die dag te le.
  • Oorsig oor die algemene werkinge van `n plaas te hou.
  • Bestuur van personeel, en geboue (lodge).

Die kursus is volgens hierdie vereistes saamgestel en studente “groei” in hul verskeie beroepe in volgens die vereistes van elke wildplaaseienaar.Ons ondervind dat wanneer Impala studente vir onderhoude gaan, wie beide die Wildplaas en Natuur Kursusse suksesvol voltooi het, hulle in die meeste gevalle voorkeur kry! In hierdie kursus kyk ons na veldbestuur, bv. waarna om voor op te let as die veld begin agteruit gaan en hoe om dit te verhoed, wat gebeur in 'n oord, wie doen wat en hoe, soogdiere en wild, heinings, trofee jag,wildvoeding, damme, paaie ens. Saam met Veldgids Kursus 'n uitstekende kombinasie. Jou kans om werk te kry verdubbel!

Let asseblief dat ons van nou af die wildplaas en veldgids 1 kursus omruil. Ons vind dat studente se resultate aansienlik beter is tydens hul eksamens indien hul langer blootstelling in die veld gehad het. Studente word dus nou aanbeveel om te begin met die Wildplaasbestuur en daarna die Veldgids en ander kursusse in volgorde te doen soos op kursusbrief se datums aangedui.

Hierdie kursus sluit die volgende vakke in:

  • Taksonomie
  • Beweiding en Ekologie
  • Plant suksessie
  • Veldtiepes Bome en gras
  • Probleemplante
  • Soogdiere
  • Wildheinings Bosverdigting en Bosbeheer
  • Weiveldbestuur
  • Veldbrande Ontwikkeling van `n Wildplaas
  • Habitat Evaluering
  • Paaie en vliegvelde Finansiele beplanning
  • Water, voertuie en geboue Aankoop van wild
  • Roofdiere
  • Voeding Voedingstowwe en minerale
  • Dieregedrag
  • Genetika en kleurvarisies
  • Siektes en Parasiete
  • Wildtellings Vang en vervoer van wild
  • Aanhouding en Grootmaak van wild Oes van wild
  • 4 x 4 Bestuur en voertuie Jagters en Jag
  • Hantering van Trofee
  • Wildsvleisbewerking

Horingskat Die Lodge:

  • Bemarking
  • Bestuur van werknemers en Wetgewing Teenwilddiefstal
  • Besigheidsetiket
  • Higiene, veiligheid en wetgewing van n Lodge

Die kursus is kort omrede elke wildplaaseienaar dinge op sy eie manier doen en jy net die basiese inligting van elke module nodig het. Daar is nie `n vaste reel of “module” wat Wildplaaseienaars volg nie.

Wat voornemende studente wil weet:

Watter vakke moet ek kies as ek nog op skool is?

Die vakke wat julle kan kies hoef nie 100% met die natuur te doene te he nie, aangesien ons studente werklik met elke vak van die begin af alles leer wat hul nodig he om te weet. Hulle kan dus gemaklik reg kom met die werk sonder enige agtergrond kennis. Ek weet nie meer watter vakke deesdae op skool aangebied word nie – dit het BAIE verander van dat ek in die skool was!!! Om vir jou seun/dogter dus gereed te maak vir sy/haar toekoms en nie net `n beroep nie sou ek die volgende keuse gemaak het.

Vakke wat met landbou te doen het – baie wildboere het ander aktiwiteite ook op hul plase-asook biologie en aardrykskunde.

Vakke wat met houtwerk / tegniese tekeninge / siviel te doen het – op enige Wildsplaas moet die mans veral, redelik handig wees.

Enige vak wat met bemarking/ kliente diens / besigheid te doen het(veral vir dames) – soos ek altyd vir my studente se, hulle moet hoog mik in die lewe en kan nie net vir altyd `n “game ranger” of dan nou veldgids wees nie. Hy/sy moet eendag dalk met `n familie begin en dan moet jou kennis en ondervinding kan kombineer om bv. `n bestuurder van `n lodge te wees of jou eie besigheid te begin. `n Mens weet nooit watter deure gaan deur jou lewe vir jou oop nie en dan moet jy voorbereid wees!

Wat van werk?

Die groot vraag! Daar is ontsettend baie werk beskikbaar in die industrie - jy moet net die stappe getrou volg soos ons dit aan jou verduidelik. Ons kry op 'n gereelde basis navrae van lodges en wildplase wat personeel en gidse benodig. Afgestudeerde studente van Impala werk dwarsdeur die land, van KwaZulu - Natal tot die Wes-Kaap en Namibie, Botswana en Mosambiek. Onthou net elke persoon is uniek en bepaal self of hy/sy suksesvol gaan wees tydens `n onderhoud. (Onthou Impala verwys slegs suksesvol afgestudeerde en voorbeeldige studente vir werk.)

Wat van my ouderdom en betalings?

Studente tussen 17 en 35 word verkieslik vir die kursusse aanbeveel. Spesiale aansoeke sal oorweeg word of kyk na PRIVATE 4 dag kursus.

Indien jy minderjarig is, moet skriftelike toestemming van u ouer of voog bogenoemde vergesel!

Deposito is nie terugbetaalbaar nie!! Geen sertifikate word uitgereik voor betaling nie voltooi is nie. Let asb. dat kursusdatums mag verander volgens beskikbaarheid van verblyf!

Wie is FGASA?

Fgasa is `n “non-profitable organisation” en geakkrediteerd by die staatsinstansie CATHSSETA. Dit is dus nie `n vereiste om deur Fgasa jou kursus te doen nie omdat dit `n privaat instansie is. Die meeste mense in die lodge industrie weet dit egter nie en vra vir `n Fgasa kwalifikasie. Impala het dan ook die besluit geneem om deur Fgasa te werk omdat die standaarde goed is en dit is `n eenvoudige pad omdat hulle die studente se registrasies en diesmeer by CATHSSETA hanteer.

Hoe werk FGASA?

Om dinge vir studente te vergemaklik help ons die studente met hul registrasie by Fgasa, die Fgasa Vlak 1 eksamens word by Impala aan die einde van elke veldgidskursus afgele en indien hierdie studente die eksamen slaag kan hulle dan ook die praktiese eksamen afle. Studente word deur die loop van die kursus geevalueer en indien `n student nie sy Impala Vlak 1 geslaag het nie, is hy nie gereed om die Fgasa eksamen af te le nie en moet dan op `n latere stadium die eksamen kom doen. Ons help die studente so ver as moontlik, maar dit bly belangrik om dwarsdeur die kursus vir elke klastoets en evaluasie so hard as moontlik te leer. Ons beveel ten sterkste aan dat studente ook eerder begin met `n Wildplaasbestuur kursus en dan die Veldgids(indien finansies dit toelaat!!). Dit maak studente meer vertroud met die werk oor `n langer tydperk en verminder die druk wat `n student ervaar ter voorbereiding van die nasionale eksamen. Jy sal sien die kursus datums is ook so aangepas sodat `n Wildplaasbestuur kursus `n Veldgidskursus voorafgaan en jy kan dan direk oorgaan in jou volgende kursus. Ons moet ook verslae van elke student instuur vir Fgasa en verwag dat studente hul beste leer dwarsdeur die kursusse. Geen registrasies vind plaas voor kursusgelde nie opbetaald is nie.

STUDENTE WORD VEREIS OM `N KODE VAN GEDRAG TE TEKEN EN INDIEN HIERDIE KODE VERBREEK WORD DEUR VERKEERDE GEDRAG OF GEBRUIK VAN VERBODE MIDDELS WORD DAAR VAN IMPALA VEREIS OM DIT TE RAPPORTEER AAN FGASA. SO STUDENT SAL AAN DIE TOERISME RAAD GERAPPORTEER WORD EN NIE TOEGELAAT OM VERDER IN DIE TOERISME INDUSTRIE TE WERK NIE.

Wat van my leerprobleem? / Ek sukkel om die werk baas te raak!!

Baie mense het leerprobleme, hetsy dit 'n vorm van disleksie, teorie (of selfs Engels!) is. Dit beteken nie jy sal nie die kursus slaag nie, jy mag dalk net sukkel om die pas vol te hou. Jy kan jou kursusse kies om langer blootstelling te he en soos sommige studente eers die ander kursusse doen en heel laaste die Veldgids 2 maande kursus. Doen dan liewer ook die 2 maande Veldgids kursus i.p.v. die 4 dae of die Gap-jaar.

Wat van her-eksamens?

Studente word toegelaat om hereksamens (Impala eksamens) af te lê teen R150. Hou ingedagte dat ons standaarde hoog is en elke student wat by Impala wegstap met `n sertifikaat, weet hy/sy het dit verdien en kan met selfvertroue in `n nuwe pos instap. Alle kursusse se slaagsyfers is 75%.

Watse studie materiaal moet ek saambring?

Vir elke kursus kry die student studie materiaal, maar sekere boeke is steeds nodig vir veral die Wildplaasbestuur- en Veldgidskursusse. Die boeklys word in die opvolgbrief na inskrywing aan die student gestuur.

Wat om saam te bring.

Sodra ons jou inskrywing en deposito ontvang het, stuur ons weer vir jou `n brief met die nodige inligting omtrent die boeke, wat om saam te bring, reëls, tipe etes ens. Hierdie brief word binne `n paar dae na ons jou inskrywing ontvang het aan jou gestuur. Skakel die kantoor of kyk uit vir `n bevestigings epos dat ons jou inskrywing en bewys van betaling ontvang het.

As ek die wildsbestuurkurus doen, hoe vergelyk die sertifikaat teenoor n graad of nasionale diploma wat mens deur n universiteit/tegnikon kan studeer?

Ons kursus is heeltemal anders omrede jy op die perseel is en elke dag sien en ervaar waaroor jy leer. Omdat wildplaas eienaars nie opsoek is na ouens met diplomas of grade nie, eindig hulle gewoonlik op in `n ander werk of as `n gewone gids en moet dan in elk geval `n gids kursus ook doen. Ek het juis die kursus so ontwerp omdat die kursusse by colleges/universiteite baie werk dek wat jou nie gaan help met jou fisies elke-dag-tipe-werk op `n wildplaas nie. (Bv. Seldeling van plant en diere selle, die volledige werking van fotosintese, amoeba, fungusse ens. se lewenssiklus en voortplanting...). Ons kursus is `n kort en intensiewe kursus – baie werk, maar darem nie moeilik nie, en gemik op dit wat jou effektief gaan maak met die noodsaaklike kennis en dit wat wildsplaas eienaars wil he. Die kursus is kort omrede elke wildplaaseienaar dinge op sy eie manier doen en jy net die basiese inliging van elke module nodig het.

Jy gaan reeds die kennis wat jy opdoen moet aanpas op verskillende plase waar jy te lande gaan kom, omrede elke eienaar maar dinge op hul eie manier gedoen wil he – jy sal dus op elke nuwe plek `n bietjie moet aanpas en jy gaan ook jou kennis stelselmatig aan die eienaars moet oordra sodat hulle hul plase reg bestuur omdat baie eienaars nie noodwendig vreeslik baie van die veld weet nie.

Om op te som: My doelwit met die kursus is om mense gereed te maak om hierdie veld te verstaan en in te kan werk sonder onnodige vakke en sonder om tyd en geld te mors.

Kort Kursusse

Indien jy `n kort kurus bywoon sal jy na jou inskrywing `n brief ontvang met wat jy moet saambring ens. Kyk net watter afdeling is op toepassing van jou en doen dan jou beplanning en pakwerk daarvolgens. Al die kursusse word by die Impala Opleidingsentrum op ons wildplaas tussen Warmbad en Thabazimbi aangebied. Verblyf is in “semi-oop/toe boskamp-chalets” en studente bring hul eie beddegoed (vir `n enkelbed), toiletware, verversings ens. Etes, verblyf en opleidingmateriaal is by al die kursusse ingesluit. Boom-, voel-, sporeboeke bv. is nie ingesluit. 

MEET THE TEAM

Lizel Cramer

SPECIALS

EVENTS

DOCUMENTS

NEWS BLOG